GESKIEDENIS

Die NG gemeente Benoni-Noord is die oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Oos-Randse stad Benoni nadat die moedergemeente by die gemeente Farrarmere ingelyf is. Onder die inspirerende leiding van ds. R.J.B. Feenstra het die 24-jarige moedergemeente Benoni daartoe oorgegaan om op 1 Desember 1938 die eerste gemeente af te stig. Die nuwe gemeente Benoni-Noord dateer sy geboorte dus uit die Voortrekker-Eeufeesjaar. Die nuwe gemeente is afgestig met 830 lidmate wat gewoon het in Northmead, Brentwood Park, Benoni Kleinplasies en Sesfontein. Aangesien daar geen samekomsplek vir die nuwe gemeente was nie het die moederkerk vir 'n jaar ten minste ook as samekomsplek vir die dogtergemeente gedien.

Koor

Donderdae:
18:00 - 19:00

Jeug

Sondae:
Kinder & Kleuter Kerk
9:30 - 10:30
Kategese
10:30 - 11:30
Praise and Worship (Elke tweede sondag)
18:00 - 20:00
Belydenis
16:30 - 17:30
Vrydae:
Jeug
18:00 - 20:00

Dienste

Sondae:
Voorsang
9:15 - 9:30
Kerk
9:30 - 10:30
Kinder & Kleuter Kerk
9:30 - 10:30

Gebeure

Dinsdae:
Omgee groep
18:30
Woensdae:
Omgee groep
19:30

243

Lidmate

78

Doop lidmate

80

Jaar van God se genade

DOMINEE STRYDOM

1990 - Vandag

  • Ds. Strydom